Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hierdie grotes het nié weggekom

Brandvlei se hengelklub kon die afgelope Saterdag nog ’n kompetisie in Kwaggas­kloofdam inpas, maar weens die vinnige daling van die watervlak kan dit dalk die laaste van die jaar wees.

Ernstige probleme met toegang tot die oewer en onderwaterhindernisse maak dit nog erger.

Die ou Villiersdorppad is die eerste keer sedert 1983 droog. Hengel as ’n sport is reeds op sy knieë deurdat alle verdere WP-ligakompetisies die eerste keer in die geskiedenis gekanselleer is.

Die Brandvlei-hengelklub het met trots uit die stryd getree met ’n algehele tweede plek nadat hy die ander ses gevestigde klubs ore aangesit het.

Twee klublede het boonop puik presteer: Brian Fulton is as die WP-kampioen gekroon en Gerhard de Kock het tweede in die liga geëindig.

Saterdag is 187 karp, sewe witvis en een baber ingeweeg.

Die wenners was: A-sone: Johann Smit (eerste), Brian Fulton (tweede), Charl Ferreira (derde). B-sone: Johan Coetzee (eerste), Jurie Groenewald (tweede), Kobus Kriel (derde).

Smit was die algehele wenner van die afgelope naweek se kompetisie met Fulton en Groenewald tweede en derde onderskeidelik.

In die vroueafdeling het Lourista de Jongh koningin gekraai met Bianca Groenewald wat in die tweede plek was.

In die meestersafdeling was Danie Wilmot baas met Piet Hugo en Chris Hattingh in die tweede en derde plek.

Dit was ’n besonderse dag vir Hugo met sy beste prestasie nog op hierdie vlak – ’n bewys dat toewyding en geduld wel vrugte afwerp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.