Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Hou die bal aan die rol

Die Ceres-rolbalklub in samewerking met DuToit Agri, het 8 en 9 Desember ’n baie suksesvolle tweede Cherry Time Classic-toernooi aangebied.

Die dorp het behoorlik gegons met die aktiwiteite wat plaasgevind het en die feestelike atmosfeer wat by die toernooi geheers het.

Altesaam 14 spanne uit die Overberg, Wynland, Weskus en Westelike Provinsie het gesorg vir ’n baie genotvolle en sterk kompetisie.

Die Edgemead-span met Chris Redelinghuys, Heidi Mongie, Trevor Rodney en Terry Schooling het die eerste plek verower.

In die tweede plek was die Ceres-span van Pieter Mostert, Charmaine Mostert, Marietjie van den Bergh en Johnny de Bod. In die derde plek was die Edgemead-span van Philip Lancester, Cindy Lancester, Lynn Ferreira en Glen Morrison.

Die prysoorhandiging is deur Willem Coetzee, die uitvoerende hoof van DuToit Agri (Cherry Time) behartig. .Die spelers en organiseerders bedank die borge en donateurs wat gehelp het om van die dag ’n sukses te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.