Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Johan trap vir SA in Kanada

’n Leerder aan HTS Drostdy, die bergfietsryer Johan van Zyl, se matriekjaar is een van vele hoogtepunte – hy is pas in die Suid-Afrikaanse junior span opgeneem wat van Maandag 26 Augustus tot Sondag 1 September in Mont Sainte-Anne in Kanada aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem.

Johan het verlede maand die afdeling vir junior mans by die Suid-Afrikaanse XCM-bergfietskompetisie in Pretoria gewen. Daarna was hy ook die naaswenner in die Suid-Afrikaanse XCO-kompetisie. XCO is dieselfde formaat wat in die Olimpiese Spele beslis word, en behels vyf tegniese rondes van 4,5 kilometer elk, wat vol uitdagings is.

Johan sal ook in hierdie bergfietsafdeling aan die wêreldbyeenkoms deelneem.

Johan het vroeër vanjaar reeds die eerste keer Suid-Afrikaanse kleure gekry toe hy in Namibië aan die Afrika-byeenkoms deelgeneem het, waar hy ’n silwermedalje losgery het.

’n Stok steek egter in Johan se speke – die Suid-Afrikaanse ryers wat vir deelname in Kanada gekies is, is self verantwoordelik vir al hul vlug- en ander reiskoste.

Fietsry Suid-Afrika dra glad nie tot hul koste by nie.

Worcesteriete of mense in die bergfiets- en sportgemeenskap wat kan help om Johan se deelname moontlik te maak, kan Gerrit van Zyl kontak by appel.vanzyl@irricheck.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.