Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kaptein lei met skitterende boulwerk

’n Skitterende boulvertoning deur Wolseley se kaptein, Jacques Esau, was die uitstaande kenmerk in sy span se oorwinning van 57 lopies oor Mbekweni-krieketklub

Esau se toetrede tot die boulaanval met die wedstryd in daardie stadium redelik in die balans, was van deurslaggewende belang.

Mbekweni, wat die uiters haalbare teiken van 135 lopies gestel is om die wedstryd te wen, het met sy telling op 77/5 nog ’n dreigende gevaar vir Wolseley ingehou met nog baie boulbeurte tot sy beskikking.

cricket
Wolseley het 'n oorwinning van 57 lopies oor Mbekweni-krieketklub behaal.

’n Dramatiese kolfineenstorting waarin die besoekers se laaste vyf kolwers hul paaltjies verloor het sonder om lopies by die telling te voeg, het die tuisspan van ’n klinkende oorwinning verseker.

Mbekweni (77 almal uit in 28 boulbeurte) het letterlik sy kanse verspeel om Wolseley verder onder druk te plaas.

Dit was Esau wat die hart uit die besoekers se kolflys geruk het met sy indrukwekkende boulontleding van

8-0-14-6 en sy onberispelike lyn en lengte het die besoekers se kolflys soos ’n kaartehuis inmekaar laat tuimel. Slegs S. James (21) en S. Namba (15) kon met eer uit die stryd tree.

Vroeër het Wolseley ook nie juis veel indruk met die kolf gemaak nie. Sy oorversigtige benadering het hom ’n pynlik stadige 134 in 34.4 boulbeurte in die sakkie gebring. Slegs Esau (20), Bradey Klaase (18) en Ravel Prins (15) kon enige noemenswaardige bydrae met die kolf lewer. Vir Mbekweni het Lutho Mtandeki 4/35, Vuso Mangaliso 3/22 en Siya Dimaza 2/24 werklik met baie groot eer uit die stryd getree – iets waarop sy kolwers ongelukkig nie kon voortbou nie.

Hierdie Saterdag speel Wolseley gasheer vir Lanquedoc waarna die spanne ’n welkome ruskans oor die feesseisoen neem met spel wat 12 Januarie 2019 eers hervat word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.