Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Klein het ’n gróót invloed op spelers
Iven Klein


Hy is die man wat langs die veld op ’n Saterdagmiddag met ’n waterbottel in die hand op en af hardloop om seker te maak die spelers speel volgens hul volle potensiaal.

Iven Klein van Worcester is al vir langer as 20 jaar ’n fiksheid- en kondisioneringsafrigter en is tans die kondisioneringsafrigter vir Worcester Villagers wat hierdie jaar as die klubrugbykampioene in die Boland-rugbyunie gekroon is en nou aan die Gold Cup gaan deelneem.

“Ek was ook al by Worcester Perseverance, Rawsonville en talle ander spanne betrokke,” sê Klein.

Klein, ’n gewese nasionale naelloper, het aan die Mobil-atletiekkusreeks deelgeneem. Hy is ’n gekwalifiseerde afrigter van Atletiek Suid-Afrika (ASA). “Ek is as die SA meesterskampioen gekroon, maar ek moes kies tussen atletiek en rugby en ek het rugby en kondisionering gekies. Ek het meer passie vir rugby gehad. In my navorsing kyk ek baie na die Nieu-Seelandse rugbystyl,” voeg hy by.

Volgens Klein is sportsielkunde ook een van sy sterk punte. “Ek weet hoe om met die spelers te werk en te praat om hulle te motiveer om beter te speel en te presteer,” sê hy. “Ek is onlangs as fiksheid- en kondisioneringsafrigter vir die Boland o.16-, o.18- en senior vroue­rugbyspan, die o.20-manspan en die Boland-uitnodigingspan aangewys. Vir my is dit interessant – jy kry baie afrigters, maar elke keer word ek aangestel; vir die afgelope agt jaar al, wat vir my sê iewers moet ek iets reg doen,” sê Klein.

Klein het ook die vrouespan wat vanjaar as die kampioene gekroon is, afgerig. “Ek dink deel van my sukses as fiksheid- en kondisioneringsafrigter is my ervaring en passie vir wat ek doen.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.