Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Klein Worcesteriet wil regte skuiwe in China gaan maak

’n Tienjarige Worcesteriet het net die regte skuiwe gemaak en is op pad China toe waar sy aan ’n internasionale toernooi gaan deel neem.

Lakeisha Johnson, ’n leerder aan die Laerskool Worcester-Oos, gaan van 19 Augustus tot 3 September aan die Wêreldjeugkadet-skaakkampioenskap vir 2019 deelneem.

“Ons het dit nie verwag nie. Alhoewel ons eers huiwerig was om haar te stuur, weet ons ons moet die geleentheid aangryp,” sê haar trotse ma, Shantal Johnson.

Lakeisha Johnson gaan van 19 Augustus tot 3 September aan die Wêreldjeugkadet-skaakkampioenskap deelneem.Foto:

Volgens haar pa, Heinrich, het Lakeisha op ses leer skaak speel, maar nooit regtig belangstelling in dié bordspel getoon nie.

“Sy het aan die begin van verlede jaar by Worcester-Oos begin speel en begin uitblink in die groep vir meisies onder 10,” sê Heinrich.

Shantal sê Lakeisha is later in die Kaapse Wynland-span wat in Kimberley gaan speel het, opgeneem.

“Sy het onder die vaandel van Overberg-skaak aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkompetisie in Boksburg deelgeneem en vierde in die individuele afdeling geëindig. Die gevolg was dat sy na die SA Junior geslote kampioenskap genooi is, waarvoor jy spesiaal deur Skaak SA genooi geword,” sê sy.

Sy sê Lakeshia het ’n vierde plek in haar afdeling behaal.

“Sy is dus in die SA junior skaakspan opgeneem en kwalifiseer om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig,” sê Shantal.

“Toe Lakeisha haar uitnodiging ontvang, het sy gegil en gehuil van opgewondenheid. Ons is trots op haar en haar gretigheid om te leer,” sê Shantal.

Sy sê die geld vir Lakeisha om China toe te gaan is ’n uitdaging. “Sy benodig omtrent R55 000 en ons probeer om hier en daar geld in te samel. Ons het ’n backabuddy-fonds vir haar begin. Elke bietjie help; ons hoop net ons kom reg met alles. Ons wil ook net baie dankie sê aan almal wat ons al gehelp het en ’n bydrae gelewer het. Ons waardeer dit,” sê Shantal.

Lakeisha moet Suid-Afrika ook in Desember 2019 by die Afrika jeug-skaakkampioenskapstoernooi gaan verteenwoordig.

Lesers wat ’n bydrae wil lewer om Lakeisha se droom te help bewaarheid, kan haar ma, Shantal Johnson, by 082 312 8038 bel.

Meer oor:  Worcester  |  Skaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.