Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kleuters geniet manewales by atletiekkompetisie

’n Vroeëkinderontwikkelingsorganisasie, Educare Breedevallei, het Saterdag 4 Mei in samewerking met die Roodewal Community Social and Sport Association (Rocsa) ’n baie suksesvolle Prestige Athletics Classic-byeenkoms vir kleuters by die Hoërskool Breërivier gehou.

Die dag het op ’n vrolike noot begin met die Worcester Community Marching Band wat 10 kleuterskole op die maat van lekker musiek ingelei het.

Babbel en Krabbel, Barney en Friends, Boet en Saartjie, Esselenpark, Juweeltjies, Klein Handjies, Little Flowers, Lolles en Lettie, Looney Toons en Voetspoortjies was van die kleuterskole wat deelgeneem het.

Verrigtinge het met ’n 30 m-wedloop vir 2- tot 3-jariges afgeskop, waarna boontjiesak-op-die-kop, sakresies, hoepel en krale ryg gevolg het, met lekkers in die bak wat groot vermaak opgelewer het. Die sowat 250 kinders is goed deur hul ouers in die verskillende items ondersteun.

Volgens Ronel Pienaar van Educare Breedevallei asook Pieter Verhoog en Henry Marthinus van Rocsa was die doel van die dag om families bymekaar te bring om ’n gevoel van gemeenskaplikheid te skep.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.