Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Klub se harde werk beloon

As aanhouer wen, die wil om te presteer en die vertroue in hul vaardighede die maatstaf is waaraan die Wolseley-krieketklub se sukses die afgelope seisoen gemeet moet word, dan het die meetsnoer van hul welslae op goeie plekke geval.

Voeg daarby die span se wonderlike karaktervolle eienskappe wat die hartklop van die span gevorm het, en jy het ’n span wat ten spyte van die talle uitdagings wat hulle moes trotseer, trots op hulself kan wees.

Nadat hulle ná drie moeilike seisoene telkens oor die laaste hekkie gestruikel het, moes Wolseley as ’t ware sy eie krieket-Rubicon oorsteek om sukses te ervaar.

Sy welslae in die streekkompetisie van die Kaapse Wynland se eerste divisie (Suid), waarin die klub die 50-boulbeurte- sowel as die T20-titels beklink het en sy amptelike toelating tot die promosieliga van Boland-krieket gekry het, het die kroon op ’n uiters suksesvolle seisoen gespan.

Veral die verowering van die T20-titel, toe hulle Raithby-krieketklub in die eindstryd met die laaste bal op dié se tuisveld uitoorlê het, was die teken van ’n span wat nie net in statuur gegroei het nie, maar ook van die wasdom wat die span bereik het.

Die spelers was klinies en volwasse in die uitvoering van hul opsies. Hulle moes die teleurstellings van die vorige jare verwerk, opstaan en aanhou baklei. Vandag pluk hulle die vrugte van harde werk wat beloon word en deursettingsvermoë wat hulle soveel vreugde gebring het.

Steven Boer, die klub se voorsitter, en die res van die bestuur verdien lof vir die wyse waarop hulle hierdie uiters jong en talentvolle spelers se krieketloopbane tot dusver bestuur het. Die trots en die eer van Wolseley-krieket wat hulle met soveel waardigheid laat geskied het, het hoop en verwagtinge vir die volgende geslag geskep.

Wolseley is miskien nie op almal se lippe nie, maar die trots en waardigheid waarin hul welslae behaal is, moes hierdie pragtige dorp as gemeenskap geïnspireer het.. Enige nuwe of oudspelers en belangstellendes van enige ouderdom is welkom om by die klub aan te sluit. Vir meer inligting kan die voorsitter, Steven Boer, by 072 513 8300 gebel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.