Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Klub sit al twee jaar bal aan rol

Ballers-sportklub het die afgelope naweek ’n reuse-opskop gehou ter viering van sy tweede verjaarsdag.

Die klub het binne twee jaar homself gevestig as ’n kompeterende klub met passievolle spelers. Standard het gaan hoor wat die hartklop van die klub is en waarna die lede in die toekoms uitsien.

“Die klub is twee jaar gelede gestig omdat daar nie genoeg kompetisie in die streek was nie. Ons het verder ontdek dat daar ’n groot leemte is met die ontwikkeling van sport oor die algemeen.

“Dus is die klub gestig met die visie om ’n premier-sportklub in Suid-Afrika te wees,” sê Fagmieda Gallie van die Ballers-sportklub.

Die klub is aanvanklik as ’n vlugbalklub begin en later het die klub sy vlerke gesprei tot strand-vlugbal, para-vlugbal en het selfs ’n jeugontwikkelingspan waarop die klub baie trots is.

“Die jeugakademie is in 2019 op die been gebring met spelers van graad 1 tot graad 10 wat tans basiese vaardighede in die sport opskerp om die jongspan die sterre van die toekoms te maak.”

Die klub het selfs ’n sokkerspan wat besig is om bekendheid in die streek te verwerf.

“Die klub is ’n veilige hawe vir jongmense wat ’n passie vir sport deel en ons poog om holisties ’n bydrae te lewer tot hul sukses. Dit maak nie saak hoe jonk of onervare die speler is nie – almal het hier ’n plekkie in die son.”

Die klub het tans ongeveer 40 lede van verskillende sportkodes en poog om verder in die toekoms uit te brei.

“Die Covid-19-pandemie het ons genoodsaak om skeppend te wees met ons feesvieringe en ons het ’n deurry-partytjie gehou. Ons borge en ander gaste het lekker gesmul aan worsrolletjies, kolwyntjies en allerhande lekkernye.”

Die welbekende Jerusalema-uitdaging is ook gedoen en die klub het seker gemaak dat hulle die meeste maak van die geleentheid.

“Ons wil graag almal bedank wat die dag moontlik gemaak het, met spesiale dank aan Riël Bardenhorst van die Tafelronde vir hul bydrae.”

Ballers-sportklub wil graag sport na die volgende vlak neem in die streek.

“Saam kan ons kampioene van ons kinders in die omgewing maak,” sê Gallie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.