Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Klubs sien rooi omdat wedstryde uitgestel is

Die besluit deur die Boland-rugbyunie om die Grootuitdaagbekerwedstryde tussen Worcester Villagers en Robert­son RVK en Young Hamiltons en Ash­ton United te herskeduleer het talle toeskouers en bestuurslede kwaad gemaak.

Die Boland-Kavaliers speel Saterdag 4 Augustus vir die eerste keer op Esselenpark teen die Blou Bulle. Die wedstryd word soos die SuperSport-uitdaagreeksvroeër vanjaar gesament­lik deur Young Hamiltons en Boland aangebied.

Volgens ’n brief, wat Maandag deur die Boland-rugbyunie uitgereik is, is die wedstryd tussen Villagers Worcester en Robertson-rugbyklub en Ashton United RVK en Young Hamiltons na 6 Oktober verskuif.

Boland versoek in hierdie brief die klubs om die wedstryd tussen die Boland-Kavaliers en die Blou Bulle te ondersteun.

“Ons is baie teleurgesteld. Alles was al klaar vir Saterdag se wedstryd ge­reël. Ons reël al die vorige Donderdag alles vir die naweek se wedstryd en nou hoor ons dit is uitgestel. Elke naweek is daar 5 000 tot 6 000 mense wat kom rugby kyk. Dit het ’n gewel­dige impak op die klub,” sê Robertson RVK-voorsitter, Frederick Kraukamp.

Villagers Worcester se klubvoorsitter, John Vergotine, sê hy is baie ongeluk­kig. “Ek is ongelukkig oor die manier hoe dit hanteer is. Sekere spanne word anders hanteer. Hoe kan hulle in ’n week se tyd kennis gee dat die wedstry­de geherskeduleer word? Reëlings is klaar gemaak,” sê Vergotine.

Kaartjies vir Saterdag se rugby kos R20 en R10 hy die hek. Die Bolandse o.20-span met Hammies-speler Gursh­win Wehr as een van die staatmakers, speel ook teen ’n Hammies-presidentspan. ’n Tweede Boland-o.20-span speel teen ’n Hammies-voorsitter­span en Young Hamiltons se A-span speel teen Botrivier.

Standard verneem dat Boland-rugbyunie nie die Breedevallei-munisipaliteit ingelig het oor die groot wedstryd hierdie naweek nie.

Standard het ’n navraag aan die Boland Rugbyunie gestuur en teen druktyd nog geen reaksie gekry nie. Standard sal wel hulle reaksie publiseer sodra dit ontvang is.

. Die hoofwedstryd tussen die Blou Bulle en Boland-Kavaliers begin 16:30. Hekke open om 09:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.