Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Laaste resies vir jaar gehou

Mega Oval by Kleinplasie bied Sater­dag 7 Desember in samewerking met Breërivier-koeriers BK die jaarlikse Festive 500 Shootout aan.

Renjaers van oor die land sal aan dié laaste resies vir 2019 deelneem.

Die hoogtepunt vir die dag sal die hot rod-uitdaging wees waar daar talle pryse op die spel is.

Rudie Leeuloop Viljoen, Llewellyn Kotze, Pieter Swanepoel en Patrick de Wet sal hul ry moet ken teen gesoute jaers soos Festus Linstrom, Tertius van Tonder en Etienne Olivier.

“Al die klasse gaan soos gewoonlik deelneem wat beteken dat die toeskouers weer waarde vir hul geld sal kry. Met pouse gaan daar ook ’n skopfietswedren vir kinders onder ses aangebied word. Dit maak deel uit van die Toyrun vir Bok Radio se Hoop-program. Toeskouers word gevra om ’n speelding saam te bring ter ondersteuning van die projek,” sê die organiseerder, JD van den Berg.

Die Paws for Santa-projek word ook afgesluit waar kos, komberse en speelgoed vir die plaaslike diere­welsyns­organisasies ingesamel word. Toeskouers en deelnemers word gevra om artikels vir diere en kinders saam te bring.

Die Festive 500 is die laaste byeenkoms vir 2019 en die bestuur wil graag alle jaers, toeskouers en borge bedank vir hulle volgehoue ondersteuning.

. Hekke open 11:00 en toegang beloop R80 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12. Daar sal kosstalletjies wees en toeskouers is welkom om braaiers, piekniekmandjies en verversings saam te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.