Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Let’s Play-kampioen vir 2018 aangewys: Rogail Joseph
Rogail Joseph


Standard se SuperSport Let’s Play-kampioen vir 2018 is die kranige hekkiesatleet Rogail Joseph. Rogail was vanjaar ’n graad 12-leerder aan Worcester Gimnasium. Sy is vroeër vanjaar as die Kaapse Wynlande se skolesportvrou van die jaar benoem.

Die Springbok-atleet het vanjaar silwer in die 400 m- en goud in die 100 m-hekkies by die Jeugspele verower. Sy het ook silwer in die 400 m- en goud in die 100 m-hekkies by die ASA nasionale junior kampioen­skapsbyeenkoms gewen.

Rogail het die rekord van die 400 m-hekkies by die SA Skolekampioenskap verbeter. Verder het sy Worcester se naam hooggehou by die 2018 IAAF se o.20-wêreldkampioenkapsbyeenkoms in Finland. Sy maak nou gereed vir die Region 5 o.20-jeugspele in Gabarone, Botswana, waar sy van 11 tot 14 Desember aan die 100 m- en 400 m-hekkies gaan deelneem. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.