Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Nuwe krieketklub vir jong spelers in, om Worcester

Die doel van ’n nuwe krieketklub wat in Maart vanjaar gestig is, is om laerskoolleerders in en om Worcester byeen te bring om krieket te speel.

Die Worcester Heat-krieketklub is deur twee laerskoolonderwysers, Tiaan Grobler en Francois Pretorius, begin. Hulle is onderskeidelik van Worcester-Oos- en Worcester Primêr. Die twee onnies is ook die afrigters van die klub.

“Ons het basies ’n leemte raakgesien en net besluit om ’n krieketklub, wat die hele jaar speel en spesifiek op laerskole gemik is, te begin,” sê Grobler.

Hy sê die klub bestaan tans uit 17 spelers van verskillende laerskole in die dorp en hulle het reeds wedstryde teen spelers van die Hermanus-krieketklub gespeel.

“Ons oefen weekliks en beoog om reg deur die jaar besig te bly. Ons kan ongelukkig nie nou oefen weens die huidige inperking nie, maar ons maak ook gebruik van die Worcester-krieketakademie se binnenshuise geriewe. Dit beteken as die weer nie altyd saamspeel nie, maak ons van daardie fasiliteite gebruik,” verduidelik Grobler.

Hy sê hulle beplan om die klub te laat groei en uit te brei sodat hulle minstens twee spanne kan vorm.

“Die klub het ook ’n moontlikheid vir ander ouderdomsgroepe in die nabye toekoms. Op die oomblik is die spelers van o.11 tot o.13, maar dit sal later moontlik wees om ouer of selfs jonger ouderdomsgroepe in te sluit sodat die kinders van ’n vroeë ouderdom af blootstelling kry,” voer hy aan.

Volgens Grobler probeer hulle om maandeliks wedstryde vir die klub te reël.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.