Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Oefengroep hou jonges besig

Die jongmense van Wolseley het ’n rede om fiks te wees, te danke aan drie Wolseley-sportmanne wat hul eie oefengroep vir jongmense van 15 jaar en jonger begin het.

Die 5 AM Squad, soos die oefengroep bekendstaan, het begin gedurende die inperking toe daar nie sport was nie, sê Curtley Cedras, een van die stigters van die oefengroep. Cedras – wat ook die kaptein en stigter van die Witzenberg Barbarians-sewesrugbyspan is – en twee vriende, Urshwin Geswind en Divan Manuel, het in Junie 2020 begin saam oefen en met die idee vorendag gekom om die oefengroep te begin.

“Ons het begin deur elk individueel te oefen deur die week en dan elke Woensdag en Saterdagoggend het ons om 05:00 saam geoefen. Dit is waar die naam 5 AM Squad vandaan kom,” vertel Cedras.

Hy vertel verder dat hulle ’n Facebook-blad begin het en dat daar meer jongmense was wat wou aansluit. Die groep het begin om daagliks te oefen om kinders in die gemeenskap te betrek.

“Ons doen dit alles vir die liefde van ons dorp en vra geen betaling nie. Ons kinders is baie ver agter en ons probeer alles in ons vermoë doen om aan hulle geleenthede te bied deur aan hulle gratis gehalte-afrigting te gee, aangesien ons mense nie altyd in ’n finansiële posisie is om dit aan hul kinders te voorsien nie,” voeg Cedras by.

Volgens Cedras is die langtermyn doelwit om te verseker dat hulle alle sportsoorte dek “sodat niemand in die dorp meer kan sê hulle kon dit nie maak in die lewe oor hulle nooit geleenthede gekry het nie”.

“Ons bied grootmense die geleentheid om net ’n gesonde leefwyse te handhaaf en vir die wat hul afrigting wil verbeter. As ons jeug floreer, floreer ons dorp. Die 5 AM-groep sien die onbeperkte potensiaal van ons jongmense raak. Ons streef daarna om die jeug as leiers te bemagtig en te ontwikkel deur hulle omgee en deur konsekwente mentors vir volwassenes te gee,” sê Cedras.

Hy voeg by dat die doel van die 5 AM-groep is om die jong kinders se leierskap, selfdissipline, toewyding en lewensvaardighede deur middel van sport te ontwikkel.

“Dit is van uiterste belang om die jeug voor te berei as die volgende generasie leiers deur hulle te leer om nooit te dink dat talent genoeg is nie; in die lewe moet jy altyd hard werk as jy enigsins suksesvol wil wees. Dit is die presiese ingesteldheid wat ons by al ons groeplede probeer kweek deur verskillende soorte oefening en binne ’n baie gesonde en aangename omgewing,” voeg Cedras by.

Hoogtepunte sover vir die 5 AM- groep:

Jo-harry Segrys

Griekwas-rugbyinstituut 2021

Curtley Cedras

Boland Kavaliers-oefengroep 2021

Lenice Louw

2de plek behaal in 2021 by die Nasionale ASA byeenkoms in driesprong vir meisies o.18

Divan Manuel

Verspringatleet (derde gekeur in die land);

Derde plek behaal by ASA Senior byeenkoms 2021;

Eerste plek behaal by Ussa- byeenkoms met sprong van 8.04 m (11de springer in land se geskiedenis om verder as 8 m te spring, het dit drie keer gedoen in 2021).

“Tans doen ons alles op ons eie onkoste om seker te maak die kinders groei in elke aspek van hul lewe. Daar is hier en daar mense wat ons finansieel bystaan en vir hulle is ons baie dankbaar. Enige donasie sal vir ons baie beteken,” sê Cedras.

Kontak Curtley Cedras by 063 323 3144 of cedrascurtley@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.