Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
All Out Rugby 4 All gaan van krag tot krag
Organisasie help klubs

’n Nuwe organisasie wat rugbyklubs in die Breedevallei ondersteun, is onlangs op die been gebring en klubs glo dit gaan nog baie posi­tiewe resultate oplewer.

All Out Rugby 4 All (AOR4A) het na afloop van die 2018 Paasfees-rugbytoer­nooi, wat deur Villagers Worcester aangebied is, ontstaan.

“Die idee om rugbyklubs, veral landelike klubs, te help het posgevat nadat die agt klubs wat aan die toernooi deelgeneem het, aangedui het dat dit bykans onbekostigbaar is om toerusting en uitrustings aan te koop en al agt deelnemende klubs het besluit om ’n organisasie te skep wat dit moontlik sou maak,” sê Pat Marran van AOR4A

Met die droogte wat die begin van die Bolandse klubrugbyliga belemmer het, is besluit om ’n Vryheidsdag-bekertoernooi aan te bied.

Die idee was om geld in te samel vir elk van die agt klubs voor die aanvang van die liga. Die inkomste gedurende die toernooi sou gelyk verdeel word tussen deelnemende klubs wat ook die geval was
Pat Marran

Volgens Marran was die toernooi ’n reusesukses en is daar toe besluit om dit jaarliks aan te bied. “Omdat al die spanne binne die grense van Breede­vallei is, is daar besluit om vir nou eers te fokus op klubs binne die munisipale gebied.” Meer spanne binne Breedevallei het belangstelling begin toon en daar is besluit om die groep na 12 spanne te vergroot. Die spanne wat aan die Paas-toernooi sal deelneem, is: Villagers Worcester, Protea De Doorns, De Doorns United, Rawsonville United, Thistles, Overhex, Green Leaves, Evergreens, Mountain Stars, Young Stars, Orchard en Touwpark.

“Die idee is om die landelike klubs op te hef, te ondersteun, geleenthede aan jong spelers te bied om tot volle potensiaal te ontwikkel en om gehalte­rugby na gemeenskappe te neem.

“Gedurende die afgelope Boland-klubrugbyliga was vier van die ses spanne van die BreëLangeberg-streek finaliste van die Breedevallei.”

Met verskeie borge en potensiële borge wat die groei van die groep wil verseker, was dit nodig om die groep as ’n organisasie sonder winsbejag te registreer om volgens Marran dit makliker te maak vir aansoeke, maar ook om verantwoor­ding te doen aan diegene wat hulp verskaf of in die toekoms wil help.

“Oor die afgelope seisoen en die nuwe rigting wat Boland-rugby inslaan om meer plaaslike spelers geleenthede te gee, is dit duidelik te bespeur dat die meerderheid spelers wat gekies is in die nuwe Bolandse opset, uit die Breedevallei kom waarvan almal deel is van AOR4A.”

Marran meen met BreëLangeberg (Breedevallei) reeds ’n krag in Bolandse klubrugby, is dit duidelik dat die streek met die ondersteuning van AOR4A moeilik gestop gaan word. “Villagers Worcester en Protea De Doorns, onderskeidelik eerste en tweede in hul afdeling, asook Touwpark en Evergreens eerste in hul afdelings, is ’n duidelike teken dat Breedevallei-spanne bo die res uitstyg.

“Met die ondersteuning gebied deur Breedevallei-munisipaliteit sowel as die Kaapse Wynland-distriksmunisi­paliteit die afgelope seisoen, wil AOR4A op sy beurt dankie sê vir hul bydraes, maar wil terselfder­tyd ook meer mense en sakeondernemings aanmoedig om betrokke te raak tot die ontwikkeling van sport.”

all out rugby
Lede van die nuwe organisasie, All Out Rugby 4 All, wat rugby in die Vallei wil bevorder.
Meer oor:  Worcester  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.