Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ovaalbaanjaers jaag teen kanker

Altesaam 148 renjaers van die Suid-, Wes- en Oos-Kaap gaan Saterdag 10 Oktober op Kleinplasie bymekaar­kom om aan ’n wedren deel te neem ten bate van Kansa.

Die Mega Ovalbaan-klub gaan ook ’n potjiekoskompetisie aanbied waar die deelnemers hulle potte kan skenk en die kos verkoop word om geld vir Kansa in te samel. ’n Gedeelte van die inskry­wings­­geld van die bestuurders gaan ook geskenk word. Christo en Cobus van die Broers gaan musiek verskaf.

Wat die wedrenne betref, gaan al die bekendes daar wees. Die 1 660-klas spog met name soos Kosie Weyers, JP du Plessis, Jacques du Plessis, Francois Engelbrecht, Francois van Rhyn, Gert Ellis, Tersius van Tonder, Jaco Kirch­ner en Burger van der Westhuizen van Oudtshoorn-motorklub. In die hotrods is dit Etienne Olivier, Hank Els in hul Mazda Rotaries teen Stan van Elst, Pierre Kotze en Elru Viljoen. Eugene Zoghby en Francois Smit is egter enige tyd ook ’n potensiële wenner.

Die 2.1-klas spog met bestuurders wat op die hoogste vlak meeding en nie een bestuurder is hier verseker van ’n wen nie. Hendrickus Botha van Oudsthoorn, JP du Plessis, Eugene de Wet, SA1 Mario Verwey, Brennon Green en Tersius van Tonder is almal moontlike wenners terwyl Craig Brand en Theo Laubscher ook sal wil wys dat hulle saam met die voorste manne kan ry.

As gevolg van Covid-19 is getalle beperk en sal streng Covid-19-reëls toegepas word. . Gereelde toeskouers word aangemoedig om die wedrenne op die stromingsdiens te volg teen R100 per kaartjie. Vind die skakel by www.megaoval.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.