Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Persies laat dit drieë reën

Dit was die een drie ná die ander.

Rugbykoors het die afgelope Saterdag, 5 Mei, hoog geloop met die aanvang van die Boland-rugbyunie se Streek-uitdaagbeker.

Worcester Perserverance het United Stars met 76-19 oorrompel.

Toeskouers is van die staanspoor af met goeie hardlooprugby deur die tuis­span op Esselenpark-stadion getrakteer.

Persies se B-span het ook die een drie ná die ander gedruk en die besoekers in die hoofvoorwedstryd 88-0 vermorsel.

Die A-span het hierop voortgebou en teen rustyd was dié tuisspan reeds 48-0 voor in ’n wedstryd wat as ’n drieëfees beskryf word.

United het met ’n stewige windjie agter sy blaaie, wat hy nie kon benut nie, gespeel.

Persies het dit uitgebuit en met sy pak voorspelers aanvalle van stapel gestuur wat in punte omskep is.

United het vir die meeste van die wedstryd die inskopwerk gedoen terwyl Persies op sy beurt die meeste van die tyd agter die doellyn gaan kuier het. United het geen weerstand teen Persies se aanvalle gehad nie.

Persies het alle fasette van die spel oorheers en as hy met sy aanvalle begin, het jy net een vlaag swart truie gesien soos die spelers mekaar ondersteun het.

Toe United met sy aanvalle in die tweede helfte begin, was dit van korte duur en hy kon net 19 punte in die hele wedstryd aanteken.

Persies het in die laaste 40 min behoorlik die krane oopgedraai en op al sy silinders gehardloop.

Puntemakers vir Persies: Malcolm Fredericks (1), Alvizo Williams (2), Chandrou Jeptha (4), Garth Jacobs (2), Jowayne Brooks (2) en Shaldon Jonkers (1). Garath Jacobs het ook met vyf doelskoppe geslaag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.