Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Persies speel takties en wen

Worcester Perseverance was Saterdag 25 Augustus op Bolandpark die doring in die vlees vir Rawsonville United toe hy hom in ’n streekuitdaag-kompetisiewedstryd met 20-17 geklop het.

Die wedstryd, wat as die derby tussen die twee spanne bekend staan, het die toeskouers nie teleurgestel nie.

Met ’n baie sterk wind begin Persies die wedstryd. United begin onmiddellik veld op hardloop en versprei die bal mooi, maar slaan later aan waar ’n skrum beveel word. Persies wen die skrum, maar toe hy ’n fout maak, buit United dit uit en val weer verwoed aan en sy slot Georey Scheepers gaan langs die pale oor vir sy drie. Mouries Faro, losskakel, maak seker met die skop. Telling is 7-0 vir United.

Persies kom terug met ’n teenaanval. United probeer wal gooi, maar dis Persies se agterlyn wat die deurslag gee toe vleuel Chandrau Jeftha hoek toe gaan vir sy drie. Doelskop mis, 7-5 vir United.

Dis nou die twee pakke voorspelers wat mekaar die stryd aansê.

United oortree en Persies kry die strafskop. Alley Johnson (skrumskakel) maak seker met die skop, telling is 8-7 vir Persies.

Persies draai nou behoorlik die krane oop met sy aanvalle, kry weer ’n strafskop, maar die strafskop is onsuksesvol. Hy hou die druk daar, maar toe die spelers oor die doellyn gaan, slaan een die bal aan. Die twee spanne keil mekaar nou behoorlik op soos daar met die bal gehardloop word, maar die spanne se verdediging is rotsvas. Dit bring dan ook die rustydtelling tot 8-7 vir Persies.

United begin die tweede helfte, maar dis Persies wat nou met sy voorspelers speel om balbesit te behou en wen heelwat veld en plaas die span weer op die aanval. Toe die bal oor die kantlyn gaan, word ’n skrum beveel vir ’n aanslaan. Persies wen die skrum en sy voorspelers begin dryf. Die spelers dryf 20 m en loop behoorlik met United se voorspelers en dryf tot oor die doellyn vir ’n drie, doelskop is mis, 13-7 vir Persies.

Ná die afskop verloor Persies die bal, United bemeester dit en val weer aan en gaan hoek toe vir ’n drie, 13-12 vir Persies. ’n Lynstaan word beveel. Persies wen dit, sy plaasvervangerlosskakel, Shamieg Williams, kry die bal, gee ’n rolskoppie en senter Julian Lodewyk volg dit op en gaan druk sy drie. Jeftha maak seker met die skop, 20-12 vir Persies.

Vir die laaste paar minute gee United alles en bars deur Persies se verdediging en gaan druk sy volgende drie. Doelskop mis, 20-17 vir Persies. Voor die eindfluitjie blaas, is dit Persies wat skrum ná skrum kry op die 5 m-lyn van United om sy bonusdrie te probeer kry, maar dis als tevergeefs.

Persies se B-span wen 28-13.

.Eerskomende Saterdag reis Persies na De Doorns waar die span teen De Doorns United gaan speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.