Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Persies struikel teen McGregor

Worcester Perseverance het Saterdag 30 Junie sy rieme teen McGregor styfgeloop toe dié hom 27-25 laat struikel het.

Die wedstryd, wat van die begin af aan McGregor se guns was en sy ondersteuners nie teleurgestel het nie, was van hoë gehalte.

McGregor het die een aanval op die ander van stapel gestuur, Persies deurentyd op die agtervoet gehad en vroeg al die telbord aan die rol gesit met ’n strafskop pale toe; 3-0 vir McGregor.

Persies het hom nie laat afskrik nie. Sy pak voorspelers het soos gewoonlik pragtig gedryf en sy teenstanders meters teruggedruk en so ook sy eerste vyf punte gekry toe sy haker, Regan Brown, gaan druk het; 5-3 vir Persies.

McGregor het teruggeslaan toe Persies fouteer en weer ’n strafskop deur die pale gestuur; 6-5 vir McGregor. Persies op ook gou teruggeslaan toe sy voorspelers weer die grondslag gelê en Garth “Seep” Jacobs nog ’n strafskop deur die pale gejaag het; 8-6 vir Persies.

Die twee spanne het mekaar behoorlik die stryd aangesê maar dit was weer McGregor wat die beste daarvan afgekom het toe hy mooi vir sy drie deurgebreek het. Die doelskop was mis; 11-8 vir McGregor. McGregor het dit met nog ’n drie opgevolg en oorgeskop; 18-8 vir McGregor. McGregor het die bal van Persies se afskop af ontvang en begin hardloop, maar met sy oorgretigheid fouteer. Persies het die bal gekry en sy senter Dalwin Marnewick het gaan druk. Die doelskop was mis; 18-13 vir McGregor (rustydtelling).

Persies het vir die tweede helfte afgeskop. McGregor het weer met sy aanvalle begin en met ’n skepskop geslaag; 21-13 vir McGregor. Persies het ’n skrum binne McGregor se kwartgebied gekry en begin dryf, maar die skrum het in duie gestort en die skeidsregter ’n strafdrie toegeken; 21-20 vir McGregor.

Persies het oortree en McGregor het geen fout pale toe gemaak nie; 24-20 vir McGregor. Persies se dissipline het hom in die steek gelaat en McGregor het weer ’n strafskop oorgestuur; 27-20 vir McGregor. Persies se agterlyn het daarna pragtig gehardloop en sy vleuel Alvizo Williams is in die hoek oor vir ’n drie. Die doelskop was mis; eindtelling 27-25 vir McGregor.

Persies se B-span het 12-17 gewen.
.Persies speel Saterdag tuis op die Esselenpark-stadion teen Barrydale.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.