Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Persies sweet bloed vir sege

Worcester Perseverance moes Saterdag 1 Junie in Suurbraak op al sy silinders vuur om ’n begeesterde Progress met 12-0 te klop.

Progress het aan die begin van die wedstryd die aanvalswerk gedoen en Persies moes meer as een keer die skopvoet inspan om naby hul doellyn verligting te bring.

Die eindtelling verklap dat Persies nie sonder meer gaan lê het nie. Met die bal in die hand het ook dié span gewys dat hy goeie aanvalle van stapel kan stuur.

Die manne het mekaar behoorlik aangevat en albei spanne het gesukkel om punte aan te teken soos hulle na albei kante toe moes verdedig. Hulle het gaan rus sonder om ’n enkele punt in die eerste helfte aan te teken.

Persies het onmiddellik ná rustyd ’n strafskop gekry, maar die poging pale toe was onsuksesvol. Ná die afskop val sy volgende poging weer plat – dié keer weens hanteerfoute.

Dit was net volgehoue druk wat uiteindelik die damwal gebreek het. Dorian (Dou-Dou) Johnson het oorgegaan vir ’n drie wat ongelukkig nie verdoel is nie. Dit was 5-0 vir Persies.

Met punte op die telbord het Persies vuriger begin speel en pragtig saamgewerk, maar toe hy weer sy agterlyn probeer wegstuur, het Progress die bal onderskep en tot by die doellyn gevorder voor hulle net betyds gestuit is. Progress was vir ’n ruk weer op die aanval en Persies het alles in sy vermoë gedoen om te verhoed dat Progress punte aanteken.

Persies het uiteindelik omgekeerde besit gekry en Zaydon Adams het gaan druk. Shameeg Williams, plaas­vervanger op losskakel, het met die moeilike doelskop geslaag en Persies se sege van 12-0 beklink.

Persies se B-span het met 6-9 teen Progress se B-span verloor.

Eerskomende Saterdag (8 Junie) reis Persies na Ashton waar hy Young Good Hopes die stryd gaan aansê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.