Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Persies val lelik vas

Worcester Perseverance het Saterdag 2 Maart sy rieme in Ceres styfgeloop toe Ceres hom 57-12 in ’n vriendskaplike wedstryd oorrompel het.

Ceres, wat van die begin van die wedstryd in beheer was, het sy groot en swaar pak voorspelers mooi gebruik. Die spelers het toegesien dat hulle altyd oor die voordeellyn kom en die bal aan sy gevaarlike agterlyn besorg wat Persies hoofbrekens besorg het.

Die span het die telbord gereeld aan die rol gehou en was in ’n stadium 21-0 voor.

Persies het egter gereeld teruggeveg, maar as hy die bal in die hande gehad het, was hy gevaarlik, maar oorgretig, en hanteerfoute was sy ondergang. Hy het stadig maar seker teruggeveg en met rustyd was die telling 21-12 vir Ceres.

Met die begin van die laaste 40 minute het Ceres die krane behoorlik oopgedraai. Persies het droewig probeer wal gooi, maar Ceres se samespel was net een te veel vir Persies – veral met sy pak voorspelers wat ’n belangrike rol in die wedstryd gespeel het.

Persies het egter tot die einde aanhou veg en nooit moet opgegee nie. Persies se puntemakers was die heelagter Chandrou Jeftha (’n drie en ’n doelskop) en Jubilian Titus. Persies se tweede span het 32-7 vasgeval en die derde span het gelykop (8-8) gespeel.

Hierdie Saterdag (9 Maart) speel Persies teen Villa in ’n voorwedstryd van die Gold-Cup in Bolandpark-stadion.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.