Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Persies val onverwags vas

Worcester Perseverance het Vrydagaand 28 September in Bonnievale onverwags lelik vasgeval toe Bonnievale United hom met 22 punte teenoor 11 geklop het.

Dit het Persies verhoed om ’n punt uit die wedstryd te kry.

United het van die afskop af die pas aangegee en Persies altyd op die agtervoet gehou. United het sommer in die eerste paar minute die telbord vir sy eerste drie, wat ook verdoel is, laat rol; telling 7-0 vir United. Dit is kort daarna opgevolg met ’n onverdoelde drie; 12-0 vir United.

Maar, soos almal Persies ken, veg die span met mening terug en hy het United tot ’n fout en ’n strafskop gedwing wat Alley Johnson deur die pale gejaag het; 12-3 vir United.

Persies het telkens met die bal in die hand gevaarlik gelyk, soos toe hy sy agterlyn wegstuur en die senter Julian Lodewyk agter die doellyn gaan kuier het vir ’n netjiese drie, (doelskop mis); 12-8 vir United.

Persies het later drie punte bygevoeg toe Johnson met nog ’n strafskop geslaag het; 12-11 vir United. United het Persies in die laaste 40 minute egter met sy taktiese skoppe uitoorlê en die telbord aan die beweeg gehou. Hy het ook weer twee drieë by sy telling gevoeg en dit tot 22-11 laat aanrol.

Persies is ten spyte van die onverwagse nederlaag steeds in die wedloop vir die uitspeelwedstryde met nog ’n wedstryd in die sakkie teen Young Good Hopes van Ashton.

Dit is boonop ’n tuiswedstryd vir Persies.

’n Mens hoop maar net dat van die skeidsregters konsekwent met hul beslissings sal wees en nie spanne sal bevoordeel nie – veral nie met die uitspeelwedstryde nie.

. Persies se B-span het ook met pragrugby vorendag gekom en United met 31-0 kafgedraf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.