Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Plaaslike spanne maak hul merk in fiksheidskompetisie

Die twee Worcester Crossfit-spanne, Temporary Pain en Snatch Addicts, het onlangs Crossfit Winelands by die Clash in the North Crossfit-kompetisie verteenwoordig.

Die kompetisie is van 23 tot 24 Junie by die Tygervallei-sentrum in Bellville aangebied.

Cornelius en Liezl Cronje en Esmé Smit van Temporary Pain het na die halfeindstryd deurgedring.

“Om die halfeindstryd van so ’n kompetisie te haal, verg baie beplanning, toewyding, die regte dieet en harde werk,” sê Faffie Jourdan, die eienaar van Crossfit Winelands en Temporary Pain se afrigter.

Jourdan sê dié jaarlikse kompetisie is seker die grootste in die Kaap ná Fittest in Cape Town.

“Die spanne kan in verskillende afdelings deelneem en hulle het in ’n gemengde afdeling deelgeneem. Dit is Liezl se heel eerste kompetisie. Cornelius het nou al ’n paar kompetisies gedoen. Ek dink dit wat hulle reggekry het en waar hulle uiteindelik gekom het is nogal iets om op trots te wees,” sê Jourdan.

Die deelnemers was effens beskeie.

“Ek dink ons afrigter, Faffie, kry hopeloos te min krediet. Sy presiesheid, aanmoediging en opbouende kritiek het ons definitief gehelp,” sê Cornelius.

Esmé (18) het ook die Last Man Standing Teensin haar kategorie gewen. “Ek het nie gedink ons gaan dit maak nie, maar dis ’n baie lekker gevoel,” sê sy.

Liezl sê sy het dit nie verwag nie. “Ons het net drie keer as ’n span saam geoefen en dis hoekom ek dink om die halfeindstryd te bereik, is so lonend.”

Deelnemers het drie “oefening-van-die-dag” per dag gedoen. Temporary Pain het die 15de plek uit die 42 spanne behaal en Snatch Addicts, wat bestaan uit Sinta Barnes, Johan Sieberhagen en Wikus Smit (wat ook die hulpafrigter by Crossfit Winelands is), was 22ste.

“Crossfit is ’n gemeenskapsport; dit bring gesinne bymekaar. Egpare kan dit saam doen; hul kinders kan dit doen. Die kompetisie het ouderdomsgroepe en gewigsklasse vir almal. Dis funksionele bewegings, so jy oefen jou hele liggaam om jou alledaagse aktiwiteite te doen,” voeg Cornelius by.

Die Clash In The North 2.0vind in Oktober plaas en Cornelius sê hulle gaan hulle gewis inskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.