Primrose-rugbyklub het Saterdag 1 Februarie suksesvolle rugbyproewe aangebied.
Dié proewe is by Hoërskool Breërivier se rugbystadion gehou ter voorbereiding vir die 2020-rugbyseisoen.
Die spelers het ongeag die warm weer bewys wat in hulle steek. Die klub het ook van die geleentheid gebruik gemaak om spangees te bou. Primrose se vriendskaplike wedstryde begin Saterdag 8 Februarie wanneer hulle teen Klipdrift-rugbyklub in Rawsonville te staan kom. Die klub se ander wedstryde is as volg:
- 15 Februarie, Kleinmond (weg);
- 22 Februarie, Overhex (weg);
- 29 Februarie, Alberts (Esselenpark-stadion).
- Die bus vertrek Saterdag om 13:30 na Rawsonville vanaf Hoërskool Breërivier. Die publiek word genooi om die klub te ondersteun.Vir nog inligting, bel Boetie Hattingh by 072 719 1548.