Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Protea-bofbalspeler vereer vir prestasie

Vir hom is dit belangrik om sy dorp en skool te verteenwoordig.

’n Talentvolle bofbalspeler van Esselenpark Primêr is onlangs deur die burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, Antoinette Steyn, as ’n hardwerkende sportster geprys.

Abdurrazzaaq Levendal, ’n gr.7-leerder, het sy Protea-kleure vir bofbal verwerf. Hy was ook ’n finalis in Standard en SuperSport se Let’s Play-kompetisie verlede jaar.

Sy liefde vir die sportsoort het vyf jaar gelede ontstaan.

“Ek was onlangs in Amerika vir die Bofbal-spele waar ek baie geleer het. Ons span het nie so goed gevaar nie, maar ten minste het ons baie uit die ervaring geleer,” sê Levendal.

Hy is tans hard aan die oefen vir volgende jaar se provinsiale proewe wat in Port Elizabeth gaan plaasvind.

“Dit is jong mense soos hierdie wat deur sy harde werk ons dorp se naam hoog hou.

“Ek wil hom (Levendal) bedank vir sy harde werk, maar ek wil ander ook aanmoedig om uit te styg,” sê Steyn.

Vir Levendal was dit ’n eer om sy skool, sy dorp en sy sport te kon verteenwoordig.

“Hierdie geleentheid gaan ek gebruik om in my sport te groei,” sê Levendal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.