Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Protea in die Boland

Die 17-jarige Jadian Buys is Dinsdag 15 Oktober aangewys as die Boland-skolekrieketspeler van die jaar en is ’n finalis in Standard se Let’s Play-kompetisie.

Jadian is ’n leerder aan Breedevallei Vaardigheidskool in Rawsonville en het reeds van jongs af ’n liefde en passie vir sport begin wys.

“Ek het aanvanklik baie van rugby gehou en regtig gedink dit is waarheen ek op pad is – ’n loopbaan daarin – maar my pad was toe anders uitgelê. Ek fokus nou op krieket,” vertel hy trots.

Jadian sê hy het sy liefde vir sport by sy pa gekry.

“My pa het rugby gespeel en ook rugby en krieket afgerig.”

Die jong krieketster is vanjaar in die Boland-krieketspan opgeneem en het ook in die Cravenweek in Potchefstroom gespeel, waar hy wonderlik presteer het. Hy is later as lid van die Suid-Afrikaanse junior krieketspan (Proteas) aangewys en sal in ’n toernooi speel wat einde November in die Vrystaat begin.

“Ek wil graag my twee afrigters, mnr. Gallie en mnr. Ayford, bedank – hulle ondersteun my geweldig,” sê Jadian.

Sy ouers, suster en twee broers ondersteun hom ook in alles wat hy aanpak.

“Om vir die Proteaspan gekies te word en in die Boland-span opgeneem te word, is ’n groot eer vir my. Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat na my kant toe kom,” sê hy nederig.

Jadian sê sy prestasie as krieketspeler van die jaar, tesame met die prys as beste kolwer van die jaar, het hom verstom.

Hy sê voorts dat dit nog nie die einde is nie en dat sy loopbaan nou eers vlamgevat het.

“ ’n Onderwyser het een keer vir my gesê: ‘Dinamiet kom in klein pakkies’. Ons was klein mannetjies by die Boland, en ons het vir niemand teruggestaan nie. So, glo altyd in jouself – dit is my motto in die lewe,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.