Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Reën, wegholoorwinning plaas De Wet dalk in 2021 in hoër liga

Die krieketspanne van De Wet en Grabouw het die afgelope naweek in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar te staan gekom om te bepaal wie volgende jaar na ’n hoër liga sal skuif.

De Wet se kaptein, Zhandre Mars, het die loot gewen en besluit om die manne van Grabouw in te stuur om eerste op die groenerige blad te gaan kolf. Dit was ’n wyse besluit, want die manne van Grabouw het rampspoedig begin en twee paaltjies in die eerste drie boulbeurte verloor. Grabouw kon ’n skamele 97 lopies in 32.2 boulbeurte bymekaarskraap. Slegs J. Vaaltyn kon weerstand bied met die kolf en het 31 lopies aangeteken.

Vir De Wet het die speler van die wedstryd, Edwin (Boelie) January, met die bal geskitter. Hy het vier paaltjies in sy 10 boulbeurte geneem en slegs 20 lopies afgestaan. Nathan Loff het twee paaltjies vir slegs 10 lopies geneem.

De Wet het hierna gaan kolf en die totaal verspot maklik in slegs 21.5 boulbeurte verbygesteek. De Wet het op 101 vir die verlies van slegs drie paaltjies geëindig en dus die wedstryd met sewe paaltjies gewen.

Vir die wenspan het Jean Jacques Scholtz 35 lopies aangeteken en Dawid Hendricks 32*.

Nadat die wedstryd tussen Grabouw en Wolseley uitgereën het, is De Wet waarskynlik verseker van promosie na ’n hoër liga.

Die span sou nogtans eerskomende naweek ’n laaste uitspeelwedstryd teen Wolseley wou gespeel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.