Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Robertson die T20-kampioene

Die Robertson-krieketklub se A-span is die afgelope Saterdag as die T20-kampioene in die premier­liga gekroon nadat hy die Van Der Stel-krieketklub in die T20 eindstryd op Wellington getroef het.

Van Der Stel het eerste gekolf en 144 lopies in sy 20 boulbeurte aangeteken. Robertson het die teiken in 18 boulbeurte kafgeslaan met nog sewe paaltjies staande.

Robertson se kolwers Danico Philmon (38), Warwick Abrahim (31), Geraldo Cremon (31), Brendon Erasmus (27) en Curtley Deelman (16) het Van Der Stel se boulers aan flarde geslaan.

Van Der Stel se boulers Dirk Tuynsma (4-0-30-1) en Kobus Scholtz (3-0-21-1) was die enigste wat paaltjies kon neem.

G. Claasen (31) en Tuynsma (30) het die kolf vir Van Der Stel geswaai.

Curtley Deelman (4-0-27-3), Warwick Abrahim (4-0-27-1) en Lutho Ngqongwa (2-0-12-2) het vir Robertson met die bal uitgeblink.

Robertson speel eerskomende naweek in die Wes-Kaapse uitspeelronde teen WP en SWD se topklubs op die Callie de Wet-sportterrein.

Robertson-krieketklub is die afgelope Saterdag gekroon as die T20-kampioen. Foto:
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.