Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Roodewal se ‘goue seun’ maak sy ouers trots

’n Uitstaande jong atleet van Roodewal, Brent-Leigh Exstraal, is as die derde beste verspringatleet in sy ouderdomsgroep in die land aangewys.

Dié kranige atleet het hierdie reuseprestasie met harde werk en passie as sy dryfkrag behaal.

“Hy het altyd ’n liefde vir verspring gehad en al van kleins af begin, maar weens sy jong ouderdom kon hy eers ná sy tiende verjaarsdag amptelik meeding,” sê sy ma, Grizelda Extraal.

Brent-Leigh, ’n leerder aan Worcester Primêr, is verlede jaar al as Worcester se verspringkampioen vir seuns o.10 gekroon en het ’n derde plek in verspring by die Boland-kampioenskap sowel as in die Wes-Kaap-kampioenskap behaal.

Hy het vanjaar die eerste keer vir die SA skolesport-kampioenskap gekwalifiseer, maar die byeenkoms, wat vanjaar in Durban sou plaasvind, kon as gevolg van die Covid-19-pandemie nie gehou word nie.

’n Sterre-ranglys vir die SA skolesport-kampioenskap is egter steeds bekend gestel waar hy weer eens ’n derde plek in sy ouderdomsgroep behaal het.

Brent-Leigh word deur die legendariese Dario Cornellisen, wat op sy dae ’n kranige rugbyspeler vir Young Hamiltons was, afgerig.

Sy ma en sy pa, Brendell Exstraal, is nie minder trots op hul seun nie en bemoedig hom altyd met Filippense 4 “sodat hy weet dat hy tot alles in staat is deur God wat hom die krag gee”.

Die jongman bly gefokus op sy droom en staar hom nie blind teen sy omstandighede nie, en sien daarna uit om sy talent volgende jaar op nasionale vlak te beproef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.