Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Seesand eis sy tol in doellose sukkelstryd

View of Hope moes nie net Saterdag sy baie goeie teenstanders, Young Ideas, trotseer nie, maar ook die elemente op sy seesand-veld die hoof bied.

Dit was ’n klipharde wedstryd waar geen genade gegee of gevra is nie.

“View of Hope het die loot gewen en besluit om eerste opdraand te speel, sê Christiaan Fransman, View of Hope se voorsitter. “Die wedstrydplan was ook om die eerste helfte doelloos te eindig sodat die span in die tweede helfte druk op sy opponente kon plaas, want dan sou die spelers afdraand speel en ook waar die speelveld ’n bietjie meer gelyk was. Die span het in sy eerste mikpunt geslaag. Hoewel Ideas baie druk toegepas het, het Sandro Issel sy doelhok soos die rots van Gibraltar bewaar en heelwat doelskote afgeweer.”

Hope het in die eerste helfte heelwat kanse gekry, veral deur Brendon Hendrickse, Clyde Richards en die regter­vleuel, maar is deur die teenstanders en sy doelwagter afgeweer.

Die rustydtelling was 0-0.

Die tweede helfte het heelwat geleenthede vir albei kante opgelewer, maar goeie verde­diging van albei spanne het doele afgeweer. “Die wedstryd het amper in die laaste minuut vir View of Hope in ’n nagmerrie geëindig toe Ideas se topdoelskieter vir Sandro man-tot-man gekruis het, maar Sandro se koelkop-benadering het veroorsaak dat sy opponent die bal regs van die regoppaal verbygestuur het. View of Hope se spelers het in die tweede helfte begin stoom afblaas, want die seesand waarop hulle gespeel het, het sy tol geëis.”

Die eindtelling was steeds 0-0.

Issel is as speler van die wedstryd aangewys met Dyllan Hartman met sy rotsvaste verdediging, kort op sy hakke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.