Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Shooting Stars op wenpad

Shooting Stars het Sondag, 29 Julie, op Esselenpark-stadion die span van NID met 6-0 in ’n gemeenskapsliga­wedstryd geklop.

Die manne van Christopher Adams (afrigter van Stars) het van meet af aan deur hul vloeiende spel beïndruk.

Shooting Stars het sommer in die 10de minuut sy neus voor gekry toe Brandon Lakay pragtig binne die doelgebied afgerond het.

NID het in die 20ste minuut goed geskakel in die middelveld, maar die afronding het ontbreek.

Stars het vloei in die middelveld begin kry en Mncedisi Didishe en Bradley Lakay het voor rustyd nog twee doele aangeteken om met 3-0 voor te loop.

NID het die tweede helfte goed met goeie bewegings uit die middelveld begin, maar kan op twee geleenthede nie die Stars-doelwagter klop nie.

Stars het die tempo van die spel versnel en Jayden Saaymans het met ’n briljante driekuns binne 20 minute die wind be­hoor­lik uit NID se seile geruk en met 6-0 geseëvier.

Adams het ná die wedstryd sy spelers vir hul goeie spel geprys. Ander uitslae: Barcelona 3-1 DFF en DFS 1-1 Shooting Stars.
. ’n Vergadering vir gemeenskapsklubs word Sondag 5 Augustus by die Riverview-woonstelgebou gehou. Kontak Pieter Verhoog by 082 787 9201 vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.