Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Snoekerheld kuier hier


Een van die wêreld se bekendste snoekerspelers, die Skot Stephen Hendry, het die Cape Winelands Cue Sport Federation in Worcester besoek.

Hendry is tans ’n kommentator vir die BBC en ITV en word as een van die bekendste snoekerspelers van die moderne era beskou, veral toe hy die sport in die 1990’s oorheers het.

Hendry het die snoeker-wêreldkampioenskap ’n ongelooflike sewe keer gewen – ’n rekord. Die eerste keer was toe hy destyds net 21 jaar oud was.

Henrik Horsemend, die voorsitter van die federasie, sê Hendry se besoek is ’n groot eer wat die potspelspelers en gemeenskap van die streek te beurt geval het.

“Klublede en mense het van ver gekom om hierdie legendariese snoekerspeler in lewende lywe te sien en sy blad te skud. Dit was vir baie spelers ’n droom wat waar geword het. Vir my as voorsitter was dit ’n riem onder die hart om te sien hoe opgewonde die lede was om elkeen ’n foto of handtekening te kry. Dit is ’n geskiedkundige gebeurtenis wat almal wat opgedaag het, lank sal bybly,” sê Horsemend.

Meer oor:  Worcester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.