Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Span bokkeveld toe gestuur

Wolseley het Saterdag sy oorheersing in Witsenberg-streekliga voortgesit met ’n vernietigende oorwinning van 94-9 oor Red Roses van die Koue Bokkeveld.

Teen rustyd was die wedstryd vir die besoekers vir alle praktiese doeleindes verby met ’n vernederende nederlaag wat die span in die gesig gestaar het met Wolseley in ’n vernietigende bui reeds met 61-6 voor.

Wolseley, wat die eerste helfte ’n baie koue sterk wind tot sy voordeel gehad het, het van meet af die pas aangegee. Voor Roses gewoond kon raak aan die toestande, het ’n stortvloed van wit en blou truie die spelers soos ’n orkaan getref en hulle teen rustyd feitlik op hul knieë gehad. Twee strafdoele was al punte wat die Bokvelders teen rustyd vir sy moeite kon kry. Die res van die helfte was maar ’n nagmerrie vir Bokkevelders.

Ná rustyd het dit nie veel beter met die Bokkevelders gegaan nie. Inteendeel, dit was Wolseley wat sy verwoestende werk in die sterk wind en dreigende reën voortgesit het.

Roses het met skoppe Wolseley in sy gebied probeer vaspen, maar dit was hier waar die tuisspan vir homself geleenthede geskep en met groot grasie en vernuf gaan afrond het.

Hoewel dit ’n spanpoging soos min was, het van die spelers se vertonings werklik die verbeelding aangegryp. Voorlangs was die invloedryke Maxstad Britz op sy allerbeste en met sy skeppende vermoëns en spoed het hy talle geleenthede vir sy span geskep waar die res van die span netjies kon afrond. Heelagter, Fronick Vermeulen, se voortreflike spelpeil kon voortgaan. Hy het 37 punte aangeteken, wat uit drie drieë en 11 doelskoppe bestaan het.

Die grootste uitblinker was Kyle Hanse. Hy het met sy uitsonderlike talent vyf drieë gedruk. Die merkwaardigste van al sy drieë was dat hy al sy drieë self geskep het.

Ook die skrumskakel Jean Swartz het met sy ervaring sake agterlangs netjies bestuur terwyl Lendell Jacobs besig is om in ’n staatmaker te ontwikkel. Roses het manmoedig probeer, maar kon nie al die gate toestop nie.

Vir Wolseley het Hanse (5),Vermeulen (3), Clarrence Malan, Britz, Germaine Jacobs, Terance September, Reginald Mustgrave en Lendell Jacobs drieë gedruk. Vermeulen het 11 verdoel en Erasmus een. Roses kon net drie strafdoele aanteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.