SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Spanmaats maak Worcester trots

Twee boesemvriende, albei met noue bande met Worcester, het die dorp supertrots gemaak toe hulle onlangs in die bekerseremonie van die Luiperds in Potchefstroom met gesogte pryse weggestap het.

Die skrumskakel Chriswill September is as die Luiperds se beste agterspeler vir die 2018-seisoen gekroon terwyl sy losskakelspanmaat, Schalk Hugo, as speler van die jaar gekroon is.

Hul paaie het reeds op laerskool (Worcester Primêr) gekruis waar hulle die skool as skakelpaar in al die ouderdomsgroepe verteenwoordig het.

Chriswell September en Schalk Hugo.

Chriswill is daarna na HTS Drostdy waar hy nie net die hoofseun was nie, maar ook die skool se o.19-rugbyspan aangevoer het.

Schalk het op sy beurt aan Worcester Gimnasium matrikuleer.

Al twee het sportbeurse van die Noordwes Universiteit (Pukke-kampus) ontvang waar hulle nie net kamermaats was nie, maar die universiteit en later ook die Luiperds as o.19- en o.21-spelers verteenwoordig. Hulle het ook vir die Pukke as skakelpaar in die Varsitybeker gespeel het.

As senior spelers het hulle die afgelope twee seisoene hul stempel behoorlik in die Luiperdspan afgedruk met Chriswill wat vanjaar boonop die Luiperds aangevoer het.

Alhoewel albei se koppe nou aan die einde van hul studiejare terug Boland se kant toe staan, gaan hulle volgende seisoen nog vir die laaste keer die Pukke in die Universiteitereeks verteenwoordig voordat hulle “huis toe” kom.

Dit is iets waarna nie net albei se ouers nie, maar ook Onelogix United Bulk Villagers uitsien omdat albei noue bande met dié klub het en hulle reeds aangedui het dat hulle graag vir die klub sou wou speel.

Chriswill se pa, ooms asook sy broer Carlo het self almal in hul speeldae vir Villa naam gemaak.

Schalk se pa (Schalk snr.) was natuurlik self ’n bekende rugbyspeler op sy dag en later bekende skeidsregter terwyl sy broer Morné die afgelope ruk ’n staatmaker vir die Boland Kavaliers was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.