Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Spanne deel louere in toernooi

Vlakkiekrieket het Sondag (27 September) ’n skitterende uitklopkriekettoernooi gehou.

Dit was die eerste keer ná die staat van inperking dat spanne weer amptelik kon kragte meet.

“Sewe klubs was betrokke en as gevolg van ’n onbesliste uitslag kon daar nie ’n wenner aangekondig word nie, maar dit het nie spanne verhoed om hul beste te lewer nie,” sê Japie Visser van die Breedevallei-gemeenskapskrieketvereniging.

Pro-Eagles het voor ’n volgepakte Edengarden in Roodewal in ’n derby-eindstryd teen Clovers meegeding. Swak lig het egter ’n stokkie voor ’n wenner gesteek en die louere is gedeel.

“Clovers moes in sy opmars na die eindstryd eers met Black Leopards afreken voordat hy in die halfeindronde met Quickies kon afreken.”

Pro-Eagles het op sy pad ’n herlewing beleef en eers met Hartwig Lions en toe daarna met Orchard United afgereken.

In die eindstryd het Eagles ’n teiken van 86 aan Clovers in sy toegelate 15 boulbeurte gestel. Voor Clovers egter die teiken kon jaag, is die wedstryd deur die skeidsregters gestop.

Die spanne het hul opregte dank aan die vereniging se bestuur uitgespreek oor die goeie gees waarin die toernooi plaasgevind het. .Enigiemand wat graag ’n skenking aan die klubs wil maak, kan Uwie Swarts by 064 122 3457 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.