SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Speler van die jaar is geskok maar trots

’n Belowende jong rugbyspeler van Worcester is onlangs met ’n groot rugbytoekenning vereer en sê hy het dit “glad nie verwag nie”.

Die 19-jarige Adeeb Isaacs is die afgelope Saterdag as die o.20-rugbyspeler van die jaar by die Universiteit van Wes-Kaapland se rugbyprysuitdeling vir 2018 gekroon. “Ek was regtig geskok toe my naam uitgeroep is. Ek het dit nie verwag nie. Dit het nog nie heeltemal ingesink nie, maar ek is trots op my prestasie,” sê hy.

Isaacs, wat aan Worcester Gimnasium matrikuleer het, speel al van graad 4 af by Worcester Primêr rugby. “Ek was nog altyd lief vir sport en spesifiek rugby,” sê hy.

Hy studeer tans onderwys aan UWK en hoop om sy rugby ’n vlak hoër te neem en eendag dalk vir die Westelike Provinsie uit te draf. “Dis die eerste jaar dat ek vir UWK speel en om hierdie prys te wen, is ’n groot eer,” sê hy.

Isaacs speel losskakel en binnesenter en sê dis moeilik om rugby en sy studies te balanseer.

“Jy moet jou dag mooi beplan, want jy moet seker maak jy woon al jou klasse by sowel as al jou oefensessies en die oefening kan nogal tough raak,” vertel hy aan Standard.

Volgens Isaacs is sy ouers sy grootste inspirasie. “My pa en ma gee my daardie ekstra motivering as dit ’n strawwe dag op die veld is. As hulle na my wedstryd kom kyk, gee dit net my daardie ekstra dryfkrag,” voeg hy by.

Hy sal aanstaande jaar vir UWK se o.20-span in 2019-Varsitybeker uitdraf. “Ek sien baie na die o.20-Varsitybeker uit. Ek wil graag Worcester en die universiteit trots maak,” voeg hy by.

Vir toekomstige jong rugbyspelers sê hy ’n mens moet nooit opgee nie: “Glo in jouself, bly nederig en werk hard, want dit werp vrugte af.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.