Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Sport ‘unchain’ die jeug

“Dit is gewis nie die laaste keer dat ons Worcester besoek nie en ons beplan groot dinge vir die toekoms.”

Só sê Mark Skriker van die Unchain the Plain-stigting. Die stigting beskryf hom nie as ’n veldtog nie, maar as ’n manier van lewe.

Skriker het aan Standard vertel hulle wil die jeug deur middel van sport ontwikkel en besig hou met positiewe dinge in die gemeenskap.

Unchain the Plain, afkomstig van Mitchells Plain in Kaapstad, het Saterdag (26 September) ’n sokkerkliniek by Riverview Primêr vir die jong spelers van die View of Hope-sokkerklub gehou. Die stigting het ook sokkerballe, rugbyballe en kos vir die dag verskaf.

“Ek het omtrent twee maande terug in ’n nasionale koerant van Unchain the Plain se goeie werk gelees en besef dit is wat ons hier nodig het om die jeug se vlam tydens die Covid-19-pandemie weer te laat brand,” vertel Wilfred September van View of Hope.

September het met Unchain the Plainin verbinding getree en hulle het hom belowe dat hulle spoedig Worcester toe sou kom.

“Toe ons die nuus oordra dat manne van die Kaap kom om die kliniek aan te bied, was ons juniors baie opgewonde en kon nie wag nie,” voeg September by.

Die jongspan het hulle baie geniet en met breë glimlagte en passie na die eertydse professionele sokkerspeler, Tyren Arendse, se instruksies geluister en dit uitgevoer.

Unchain the Plain het destyds begin deur sporttoerusting uit te deel en gebruik te maak van oop ruimtes soos velde en parke in hul plaaslike Mitchells Plain-gemeenskap.

“Ons het ’n behoefte gesien om die oop ruimtes weer vir ontwikkeling te gebruik omdat ons gesien het die jeug hou hulle nie meer daar met positiewe dinge besig nie,” vertel Skriker.

Hulle het mense vir skenkings gevra en met sterk ondersteuning kan hulle nou meer jeugdiges help.

“Die tye het werklik verander en dit is ons verantwoordelikheid om vir ons kinders die regte platform te gee om hulself in die wêreld te vind, anders raak hulle betrokke by bendes en vind hulle hul identiteit waar ons nie wil hê hulle moet nie.”

Skriker meen sport het die vermoë om iemand in alle aspekte van hul lewe te help en te ontwikkel, en sport het eenvoudig net ’n goeie impak op jongmense.

Twee jong spelers van View of Hope het Saterdag selfs nuwe stewels ontvang.

“Dit is glad nie die einde van ons vennootskap met Unchain the Plain nie en ons hoop dat ons hulle ook in Kaapstad kan besoek om die jeug daar op te hef,” sluit September af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.