Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Sterkmankompetisie gewen

Skaars twee maande nadat die Bolofitness, Wellness & Training Centre sy deure op 31 Augustus geopen het, het hy die afgelope Saterdag (7 November) sy eerste sterkmankompetisie aangebied.

Die kompetisie is saamgestel uit vier afdelings wat verskillende sportoefeninge insluit, naamlik gewigoptel (deadlift), hurkrepetisies met gewigte (squats) en opstote met gewigte terwyl die deelnemer op ’n gim-bank lê (bench press) sowel as opstote (push-ups).

Cleve Williams (23), jong entrepreneur en eienaar van die gimnasium, vertel met trots van die kompetisie:

“Ons is nou maar eers ’n bietjie meer as twee maande aan die gang, maar ons het verlede Saterdag reeds ons eerste Bolofitness-sterkmankompetisie gehou.”

Behalwe die plaaslike deelnemers het sportmanne van die omliggende dorpe Ashton, Bonnievale en Robertson ook aan die kompetisie deelgeneem.

Ryan Engelbrecht van Robertson het die manne in die hurk-oefeninge uitgestof waar hy repetisies met gewigte van 235 kg gedoen het. Engelbrecht het ook die opstote-sessie gewen.

“Elke deelnemer moes drie stelle opstote doen. Die aantal opstote uit die drie stelle is bymekaar getel. Die deelnemer met die meeste opstote van die drie stelle saam, is as die wenner aangewys,” verduidelik Williams.

Die gim-bank-lê-sessie, waar drie deelnemers teen mekaar meegeding het, is deur Tain-Randall Booysen (Montagu) met opstote met ’n gewig van 150 kg gewen.

Mitch Moses, ook ’n plaaslike deelnemer, het sy spiere behoorlik gebult om die gewigoptel-afdeling (deadlift) met 205 kg te wen.

Moses, wat ook goed in die hurk-repetisies gevaar het, het met die louere weggestap nadat hy as algehele wenner van die Bolofitness, Wellness & Training Centre se eerste sterkmankompetisie aangewys is.

Die wenner van die kompetisie het die hoofprys van gratis lidmaatskap vir ’n maand en ’n Bolofitness-pet losgeslaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.