Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Superbros bestendig by Kaapstad-toernooi

Die Superbros-tiensspan van Worcester het die afgelope naweek deelgeneem aan die Kaapstad Tiens-rugbytoernooi. Die span het weggestap as die “bowl”-kampioene in hul liga.

Die span sou aanvanklik deelgeneem het in die sosiale liga by die toernooi, maar het besluit om ’n meer kompeterende Vibe-liga aan te pak met gesoute Tiens-spanne.

“Ons het baie goed gevaar in ons eerste toernooi en die span het goed by die reëls van die Tiens aangepas,” sê bestuurslid Jowayne van Wyk.

Die liga waarin die span gespeel het, het vorige kampioene SA Wild Dogs en ander gesoute spanne soos die NWS Globetrotters ingesluit.

“Die span het besluit om aan die moeiliker liga deel te neem om by ons leuse te staan van ‘speel met ’n doel’ en dit is wat ons gedoen het. Ons wou die toeskouers en ander uit die gemeenskap wys dat ons kompeterend kan wees.”

Die span se spelers bestaan meestal uit spelers uit die Boland en het ’n goeie mengsel van jeug en ervaring. Die Superbros wou ook jongmanne die geleentheid gee om in ’n professionele en spankultuur te funksioneer sodat hulle ook geleenthede uit die ervaring kan kry.

“Dit is vir ons belangrik om rugby te gebruik om ook die gemeenskap te verryk deur die sport. Ons het aan die einde van laasjaar gemeenskapsprojekte aangepak, soos donasies wat ons gemaak het aan die Worcester- hospitaal en die Herberg-kinderhuis.

“Ons wil graag ook ons borge bedank vir hul ondersteuning en sien uit om ons bande te versterk. Ander wat ook graag by ons wil betrokke raak is welkom om ons te kontak op ons sosiale media.

“Ek wil graag ook die bestuurspan van die Superbros bedank vir hul harde werk en glo dat al ons beplanning wat ons het vir die jaar goed gaan verloop,” sê Van Wyk.

Die span beplan om in ander nasionale toernooie deel te neem en gaan dalk ook internasionaal meeding. Mense wat as ondersteuners of spelers wil betrokke raak by die span is welkom om hulle op Facebook te kontak by Lazar Superbros.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.