Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Tigers troef die Pumas

Rawsonville en Distrikte-sokkervereniging (Rodsa) het sy liga-verpligtinge ná ’n ruskans hervat, waar Mountain Tigers en Young Pumas Saterdag 17 Julie swaarde in Blaarfontein, Slanghoek gekruis het.

Young Pumas, die gasheer, was die oorweldigende gunsteling om die wedstryd ná sy onlangse suksesse te wen. Die Pumas het van die begin die pap behoorlik dik aangemaak, want die bal is goed rondgestuur. Die oop en vloeiende wedstryd het die Tigers-verdedigers heeltemal gepas, want die Pumas-doelskieters se pogings was onsuksesvol. Alle doelgeleenthede is gestuit en die manne het gaan rus met die telling steeds 0-0.

In die tweede helfte het Godfrey Maya, Pumas se afrigter, sy skietgoed opgestuur en die veranderinge was voordelig. Tigers se nette het binne die eerste 10 minute geraas en die telling was 1-0. Die vinnige doel het verwarring in die Tigers-geledere gebring, waarna ’n geelkaart vir ontoelaatbare spel uitgedeel en ’n strafskop toegeken is. Young Pumas het sy voorsprong vergroot en was stewig in die saal met die telling nou 2-0.

Tigers het in die laaste 10 minute met meer moed en vryheid begin speel, wat ’n verbetering in sy spel opgelewer het. Maruis Maneveldt het sy span op die telbord gekry met ’n kopskoot van ’n hoekskop deur Bronwyn Swartz.

Tigers se hardnekkige aanvalle het die Pumas se partytjie lelik bederf, want Maruis Jonkers het die gelykmaker kort daarna aangeteken. Jonkers het sy tweekuns in die 88ste minuut met ’n kopskoot ná goeie middelveldspelerspel aangeteken en Pumas druipstert met ’n 3-2-loesing laat agterbly.

Maruis Jonkers was die speler van die wedstryd. Tigers spog nou ná vier ligawedstryde met twee seges, een gelykopuitslag en een verloor en borrel oor van selfvertroue.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.