Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Touwpark maak Swellendam mak en stil in die ‘Hok’

Touwpark RVK het Swellendam die afgelope Saterdag in Touwsrivier stil gespeel en Swellies met 45-32 oorrompel.

Dit was Swellies wat eerste punte aangeteken het toe losskakel Jayden Pietersen met ’n strafskop geslaag het ná ’n oortreding deur Touwpark. Swellies se haker, William September, gaan oor, maar die doelskop deur Jaydon Pietersen is egter mis. Die telling is nou 8-0 in Swellies se guns.

Swellies kry weer ’n strafskop en klits dit oor. Die telling is nou 11-0 in Swellies se guns. Met die afskop begaan Swellendam ’n oortreding en Touwpark se losskakel, Clayton Isaacs, maak geen fout nie. Ná volgehoue druk deur Swellendam kry Touwpark dit reg uit hul kwartgebied te kom en die vleuel van Touwpark Demetri Meiring gaan in die hoekie oor. Die doelskop is egter mis.

Swellendam kry weer ’n strafskop ná ’n oortreding deur Touwpark, maar hul losskakel skop mis. Met die inskop val Swellies aan en hul buitesenter David Slabbert gaan druk. Die doelskop deur Jayden Pieterse is oor, 18-8 in Swellendam se guns.

Met die afskop val Touwpark weer aan en word beloon met ’n drie deur die flank Chris le Grange. Die doelskop deur Isaacs is egter mis. Swellendam kry geleentheid om uit hul halfgebied te kom en die losskakel Jayden Pieterse gaan druk en verdoel ook sy eie drie. Die halfeind­telling is 25-13 in Swellies se guns.

Ná rustyd steel Touwpark die bal van Swellendam en plaasvervangersenter, die veteraan Petrus Jeftha, gaan druk vir Touwpark en Clayton Isaacs maak seker van die doelskop. Die telling 25-20 in Swellies se guns. Kort hierna gaan druk Meiring weer ná ’n goeie naelloop. Die doelskop is egter mis.

Met die afskop val Swellies aan en pas druk toe, maar Touwpark ontsnap van hul doellyn af en val van die lynstaan af weer aan en dwing ’n strafskop af. Isaacs maak seker met die drie punte en vir die eerste keer in die wedstryd loop Touwpark 28-25 voor.

Die afskop word weer geneem en Touwpark keer besit om. Skrumskakel Burton Verhoog het ’n aanval begin wat die heelagter met ’n drie afrond. Die skare is op hul voete en die “Hok” dreun. Die doelskop is oor.

Die eindtelling is 45-32 in Touwpark se guns. Dit is Touwpark se eerste wen met ’n bonuspunt in 2019 se Grootuitdaagbekerkompetisie.

Die komende naweek reis Touwpark na Worcester vir sy stryd teen Young Hamiltons.

Meer oor:  Touwsrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.