Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Touwsrivier oorleef Victorians-boulers; wen met 2 paaltjies

Die krieketspanne van Worcester Victorians en Touwsrivier II het die afgelope Saterdag op Esselenpark in Worcester in die versengende hitte gespeel. Touwsrivier het die wedstryd met twee paaltjies gewen.

Touwsrivier se kaptein het die loot gewen en besluit om die manne van Victorians in te stuur om eerste te gaan kolf.

Victorians se kaptein, Granville Welcome, is die enigste kolwer wat weerstand kon bied teen die boulaanval van die manne van Touws en het ’n skaflike 52 lopies aangeteken. Die tweede hoogste “lopiemaker” was die bylopies met Touws wat ’n allemintige 44 afgestaan het.

Victorians is vir 132 lopies in 39.2 boulbeurte kleedkamer toe gestuur.

Die boulers wat die paaltjies vir Touwsrivier laat kantel het, was die veteraanbouler Petrus Jaftha met 3/6 in ses boulbeurte, Riaan Smith met 2/32 in 10 boulbeurte en Hilton Rooi met 2/1 in 1.2 boulbeurte.

Touwsrivier het hierna gaan kolf en was vroeg in die moeilikheid weens Victorians se uitstekende boulwerk. Net Petrus Jaftha kon weerstand met die kolf bied. Hy was uiteindelik die angel in Victorians se vlees en het 63 lopies aangeteken. Jaftha is goed deur C. Jacobs bygestaan wat 22 aangeteken het.

Die uitblinkers met die bal vir Victorians was Roswell Cornelius (3/23 in agt boulbeurte); Derrick Solomons (2/12 in vyf boulbeurte) en Tevin Loth (2-17-6).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.