Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Uiteindelik aksie op Oval met meer as 150 renjaers

Die ovaalbaanseisoen begin Saterdag (5 September) met die Breedevallei Truck Centre se openingswedren.

Altesaam 140 renjaers van oor die Wes-Kaap heen het vir die byeenkoms ingeskryf. Die Mega Oval by Kleinplasie bars behoorlik uit sy nate met meer as 150 ingeskrewe lede.

Die V8 Sprint-motors gaan ook deelneem en hul klank en krag is iets om te beleef. Die klubbestuur het die afgelope paar weke hard gewerk om alles gereed te kry ná talle voorvalle van diefstal en plundering van die infrastruktuur gedurende die afseisoen.

Van die voorste renjaers in SA het by die klub aangesluit. Die 1660-klas spog met 23 inskrywings en die stockrod-klas met 22.

Die 2.1 Modifieds-klas stoot 17 karre in die veld en die V8 Amerikaanse sedans niks minder nie as 12 inskrywings.

Weens Covid 19-inperkings word slegs die renjaers en drie helpers by die wedrenne toegelaat en geen toeskouers word toegelaat nie.

Die wedrenne word egter regstreeks op die internet uitgesaai.

Toeskouers word aangemoedig om ’n kaartjie te koop by https://itickets.co.za/events/449134 teen slegs R100.

Toeskouers ontvang dan ’n unieke kode om wedrenne te volg in die gerief van hul huis.

. Vir nog inligting, bel JD by 083 350 9481 of besoek die Mega Oval-Facebookblad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.