Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
United maak amok in Wellington

Worcester United was die afgelope Saterdag op sy verwoestende beste toe hy die vloer gevee het met die veel geroemde Young Peoples van die Paarl. United moet egter nog teen Bergrivier te staan kom wanneer wedstryde hopelik hervat ná die opskorting van alle byeenkomste. Dit sal sy laaste 50-boulbeurt-wedstryd van die seisoen wees, waarin die span sal moet seker maak van ’n oorwinning om die liga te wen.

Piketberg, in die tweede plek, bevind hom vyf punte agter Worcester United. Ook dié span kan nie ’n nederlaag bekostig nie. Worcester United, met ’n beter netto-lopietempo, blyk egter die gunsteling te wees om met die beker weg te stap.

United het sy voorlaaste 50-boulbeurt-wedstryd op Dal Josafat in die Paarl met ’n kliniese vertoning oorheers.

Skitterende kolf-, boul- en veldwerk het gesorg vir die skouspelagtige sege. Die Worcesteriete het hul Paarlse eweknieë heeltemal oorhoops gehad. Die Paarliete kon doodeenvoudig nie die sarsie vrae na hul kant beantwoord nie.

Die Worcesterse aanslag is vroeg gelei deur die aanvangskolwers Byron Buys met 76 (114 balle, 6x4, 2x6) en Xavier Visser met ’n indrukwekkende 43 (60 balle, 4x4).

Dít nadat Adrian du Toit die loot gewen en die wyse besluit geneem het om eerste te kolf.

Hadley Alberts met 36 (44 balle, 6x4, 2x4) en Adrian du Toit met 31 (31 balle, 1x4) was die ander kolwers wat uitstekend presteer het.

Verdere goeie ondersteuning met die kolf het gekom van Monray Langdon wat teen die einde uitstekend gekolf en die span tot 240 lopies in hul toegelate 50 boulbeurte gehelp het.

Die kolfbeurt het ongelukkig teen die einde effens stoom verloor, maar die harde werk was toe reeds gedoen.

Die Young Peoples-boulers Lorenzo Jacobs met 37/2 en Wayne Minnies met 38/2 het goed met die bal presteer.

Die Paarliete, wat 241 lopies vir ’n oorwinning moes aanteken, kon net 105 lopies bymekaarskraap.

Hendri Jooste met 6/2, Adrian du Toit met 18/2 en Lawrence Bailey met 43/3 was die United-boulers wat korte mette met Young Peoples se kolwers gemaak het.

United het die stryd met ’n allemintige 138 lopies gewen en daarmee gesorg vir ’n welverdiende bonuspunt.. Worcester United se Pro 20-eindstryd teen Spes Bona van Stellenbosch is tot verdere kennisgewing afgelas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.