Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Valencia in hewige stryd op punteleer

Valencia, met Japie Valentyn aan die stuur, het die afgelope Sondag op die Avianpark-sportterrein De Wet United met 3-1 in ’n Worcester-distriktesokker­wedstryd geklop.

Valencia is tans in ’n hewige stryd met View City gewikkel en beklee die tweede plek op die punteleer.

View City, wat tans die voorlopers is met 33 punte, het Rising Stars Sondag in die Riverview-sportstadion met 4-2 geklop.

Spartans was Sondag in ’n moeilike bui en het Phoenix met 9-0 afgeransel – ook in Avianpark.

Double Foot Shooters se geleentheid om die ligabeker te wen, is Sondag op Esselen­park-stadion ’n lelike knou toegedien toe Red Ribbon hom met 2-1 geklop het.

Red Ribbon se doele is deur Byron Visagie en Duran Gertse aangeteken. Doubles se doel is deur Mahmud Sahabodien aangeteken. Doubles se verdediger, Charlton Benjamin, is aangewys as die speler van die wedstryd.

Die komende naweek se wedstryde is soos volg (tuisspanne eerste):

  • De Wet teen Double Foot Shooters
  • Red Ribbon teen Valencia
  • Rising Stars teen Spartans
  • Phoenix teen View Spurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.