Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Van vlakkiekrieket tot nasionale kampioenskap

Warren Davids, ’n speler van die Hartwig Lions-krieketklub, is gekies om die Boland- binnenshuise krieketvereniging van 3 tot 9 Oktober in die nasionale kampioenskapstoernooi in Boksburg, Gauteng, te verteenwoordig.

Dit is ’n reuseprestasie vir die klub aangesien dit die derde keer in die geskiedenis van Hartwig Lions is dat ’n speler wat vlakkiekrieket en later die hardebalweergawe en ook binnenshuise krieket begin speel het, tot die hoogste provinsiale vlak opgeroep word.

Davids sal Boland in die ope-afdeling vir mans asook die o.21-kampioenskap verteenwoordig.

Vir Davids om egter die prestigeryke toernooi by te woon, moet hy teen die einde van Augustus R9 000 insamel om sy eie koste te dek. Die klub vra dat enige organisasie of sakeonderneming wat ’n bydrae tot die suksesstorie van Davids kan lewer, ’n finansiële bydrae maak.

Japie Visser, die klub se voorsitter, kan by 065 013 6508 of 078 646 3310 (WhatsApp) of japievisser42@gmail.com vir enige bydrae of navrae gekontak word.

“Vir ons sal enige finansiële bystand ’n riem onder die hart wees,” sê Visser.

Geld kan in die Boland Binnenshuise Krieketvereniging se rekening inbetaal word by ABSA, rekeningnommer 4095779799 en takkode 632005. Die kontakpersoon by die vereniging is Gavin Lesch by 084 500 6804.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.