Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Villa al nader aan ligaglorie

Onelogix United Bulk Villagers het Saterdag 1 September op Boland­park ’n tree nader aan ligaglorie in vanjaar se Grootuitdaagbeker­kompetisie (BreëLangeberg-afdeling) gegee toe hy Young Hamiltons met 34-29 in die derby geklop het. Teen rustyd was Villa net-net met 17-16 voor.

Hammies, wat in die eerste helfte met ’n ligte windjie in sy guns afgeskop het, het aanvanklik die pas aangegee en met verskeie aanvalle druk op die Villa-verdediging geplaas.

Villa hanteer die druk uitstekend en begin self met ’n teenaanval wat so byna op punte vir die tuisspan uitloop.

Die span kry wel die telbord aan die rol met ’n skitterende dryfmaalbewe­ging met flank Sergio van Rhyn aan die spits. Toe hy kort voor die doellyn gestuit word, was regtervleuel Givan Adams by om af te rond. Losskakel Yazeed Johnson se suksesvolle doelskop laat Villa met 7-0 voorloop.

Kort hierna word kaptein Andrè du Toit vir ’n oortreding koelkas toe gestuur. Hammies se losskakel Ambrose Steyn maak boonop geen fout met die strafskop wat hierop volg nie. Hammies kry hierna, met Du Toit in die koelkas, ook sy eerste drie toe flank Rowydill Martin ná gewel­dige druk langs die pale oorgaan. Steyn se geslaagde doelskop laat Hammies nou met 10-7 voorloop.

Nou behoorlik aangevuur, val Hammies met mening aan. Sy opwin­dende heelagter, Gurshwin Wehr, begin ’n lopie in sy eie gebied, maar word meters van die doellyn met dek­ver­de­diging deur heelagter Shandro Issel en flank Callum Lawrence oor die kantlyn geboender.

Villa kom terug in die prentjie toe Johnson met ’n strafskop slaag. Steyn slaag kort hierna met sy derde strafskop om die voorsprong van Hammies na 16-10 te rek. Villa gaan drink water met ’n voorsprong van 17-16 nadat sy uitgeslape skrumskakel Gurshwin Africa ná ’n vyfmeterskrum steelkant om breek en gaan druk. Johnson is boonop ook suksesvol met die doelskop.

Kort ná die aanvang van die tweede helfte breek buitesenter Jennovill April skitterend. Toe hy kort voor die lyn gestuit word, was loskopstut Jasherie Karriem by om oor te gaan. Johnson se doelskop rek die voorsprong na 24-16.

Die voorsprong rek na 31-16 toe April ’n bal wat los spat, opraap en vir sy sentermaat Zeeke Jansen voer vir die bonusdrie. Johnson slaag ook met die doelskop.

Hammies kom weer terug in die prentjie toe plaasvervangeragsteman Nolan Loff oorbars en Steyn verdoel om die telling 31-23 te maak.

Johnson rek Villa se voorsprong verder toe hy met ’n strafskop slaag. Kort hierna slaag plaasvervanger-losskakel Freek Mallies van Hammies met twee strafskoppe kort ná mekaar om die eindtelling op 34-29 te staan te bring.

In die hoofvoorwedstryd van die dag klop Young Hammiltons se naasbestes Villa B 35-15 terwyl Villa se C-span hul kragmeting teen Hammies se derdes met 16-10 wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.