SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Villa willie verloor nie, maar het

Die onvermydelike het uiteindelik gebeur toe bure Proteas van Hexvallei Saterdag 25 Augustus in ’n Grootuitdaagbekerwedstryd (BreeLangeberg-afdeling), Onelogix United Bulk Villagers sy eerste nederlaag in vanjaar se kompetisie toegedien het.

Die eindtelling in hierdie spannende wedstryd was 33-24 in Proteas se guns nadat Villa teen rustyd nog met 14-12 voor was.

Die wedstryd, wat op die veld van Hexvallei Sekondêre Skool gespeel is, het groot belangstelling gelok, juis omdat Proteas tans die tweede plek op die punteleer beklee en ’n sterk aanspraakmaker is op een van die twee topplekke vir deelname aan Boland se uitspeelrondes.

Villa is sommer in die eerste minuut onder geweldige druk geplaas toe flank Sergio van Rhyn vir ontoelaatbare spel koelkas toe gestuur is. Proteas buit dit uit en kry ook die telbord aan die rol toe sy linkervleuel Terence Luddick in die hoek oorgaan. Binnesenter Tersius Noble se doelskop trek ongelukkig links verby.

Kort hierna groei die telling aan na 12-0 toe losskakel Santino Ranchod ’n bal wat van die afskop af los spat, opraap en toe hy voorgekeer word, was heelagter Shaun Jones by om af te rond. Regtervleuel Jonathan Jordaan verdoel boonop pragtig uit die hoekie.

Behoorlik wakker geskud, slaan Villa met mening terug toe kaptein en slot André (Gaffy) du Toit die doellyn met mening aanval en toe hy voorgekeer word, was agsteman Egan (The Beast) Uren by om onder die pale oor te gaan. Heelagter Stefan Eksteen se geslaagde doelskop laat krimp die agterstand na 7-12.

Villa val weer aan en hierdie keer gaan regtervleuel Givan Adams oor vir ’n drie wat Eksteen ook verdoel om die telling teen rustyd 14-12 in Villa se guns te maak.

Kort ná die afskop, is dit weer Ranchod wat ’n fout aan Villa-kant uitbuit en haker Anthony Verhoog oorstuur vir ’n drie wat Noble verdoel om nou met 19-14 voor te loop. Die telling groei aan na 26-14 toe Luddick ’n identiese fout deur Villa uitbuit en sy tweede drie gaan druk. Noble slaag weer met die doelskop.

Kort hierna groei die telling aan na 33-14 toe Jones ná ’n volle agterlyn-beweging vir sy tweede drie oorgaan en Jordaan weer uit die hoekie verdoel.

Villa laat krimp die agterstand toe plaasvervangerslot, Yrin Belelie, met brute krag oorgaan. Plaasvervanger-losskakel Yazeed Johnson se doelskop teen die wind in trek ongelukkig regs verby. Villa kry kort hierna sy bonuspuntdrie toe skrumskakel Matthew Nortje steelkant om breek en gaan druk. Johnson se doelskop tref ongelukkig ook nie die kol nie en Villa moes met slegs een punt uit die wedstryd, terug huiswaarts keer.

In die hoofvoorwedstryd, klop Villa se naasbestes Proteas B met 21-0 terwyl Villa se C-span in die eerste wedstryd met 61-3 baas was.

.
Saterdag 1 September lei alle paaie na Bolandpark wanneer Villa Young Hamiltons die stryd gaan aansê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.