Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Villagers sal eers soentjies en lemoentjies moet uitdeel
Dit was wonderlik om te sien hoe verskeie klubs en ondersteuners die afgelope naweek bankvas agter Villagers Worcester in sy eerste SSG Gold Cup-wedstryd gestaan het.
Ongelukkig vir die menigte wat gehoop het vir ’n Villa-oorwinning was dit toe nie die geval nie, en hierdie naweek reis die span George toe vir ’n moet-wen-wedstryd teen Stiles Progress.
Die belangstelling is baie groot in Villa se veldtog, daarom noodsaak dit my om die volgende twee weke sy veldtog in die rubriek te volg.
Rosemoore-stadion in George gaan behoorlik gepak gewees vir die stryd tussen die tuisspan en Villagers Worcester nadat Stiles net soos die besoekers ook die onderspit gedelf het toe hy 35-7 teen ’n sterk DurBell-span vasgeval het. Die naweek is dus ’n “do or die clash”, soos die Engelsman sou sê.
Davie Lawrence
Davie Lawrence
Villagers Worcester kon baie positiewe punte uit sy nederlaag teen ’n baie sterk Northam Rhinos-span neem.
Villa het twee bonuspunte aangeteken, en wat veral verblydend was, is dat Villa met baie passie gespeel en nooit moed opgegee het nie, en met sy passievolle skare wat hom aangevuur het, kon hy so byna die kastaiings uit die vuur krap.
Stiles Progress is net soos Villagers Worcester met die rug teen die muur en sal sy kanse lewend wil hou. Daarom gaan Villa die wedstryd van meet af aan na die tuisspan moet neem.
As Villa die tuisspan vroeg op die agtervoet kan plaas, sal dit die tuisskare vinnig stil maak en daardie voordeel by die tuisspan afneem.
Die laaste keer toe Villagers Worcester die Suid-Kaap vir ’n SSG Gold Cup-westryd besoek het, moes hy tweede viool speel. Villagers Worcester sal die naweek alles moet insit om sy kans in die kompetisie lewend te hou.
’n Oorwinning vir Villagers Worcester kan wondere doen vir die span se veldtog, maar eers gaan die span soentjies en lemoentjies in George moet uitdeel.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.