Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vlakkiekrieket bied ’n toevlug

Vlakkiekrieket onder die vaandel van die Breedevallei-gemeenskap- krieketvereniging (BVGKA) was vir die twee seisoene onder die pandemie ’n bakermat teen misdaad in gemeenskappe.

Meer as twintig krieketklubs kon naweek vir naweek die krieket-mal gemeenskap van die vallei met hul kriekettalente vermaak.

Covid-19-protokol is deurentyd pragtig gehandhaaf en hoewel alles nie altyd klopdisselboom verloop het nie, het die meeste klubs saamgewerk om ’n reusesukses van die sportsoort te maak.

Verskeie toernooie is gehou en verskillende wenners is opgelewer, wat daarop dui dat geen klub die titel as algehele kampioen hom kon toeëien nie. Klubbesture het baie hard agter die skerms gewerk en baie van die klubs is pragtig uitgerus, wat nog ’n rede is vir die geweldige ondersteuning wat vlakkiekrieket geniet.

Die bestuur glo volgende seisoen gaan baie beter daar uitsien met die beplanning vir meer en beter vlakkiekrieketvelde wat reeds aan die gang is. Noue samewerking met die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) gaan plaasvind ten einde die planne ’n werklikheid te maak.

Die BVM het die afgelope twee seisoene onverwyld sy samewerking aan die vereniging gegee en daarvoor is hy die BVM ewig dankbaar. “Ons glo dit sal in die nuwe seisoen ook so wees,” sê Percival Hansen, die voorsitter.

Klubs word aangemoedig om nou al vir die volgende seisoen te beplan om vlakkiekrieket weer te laat seëvier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.